Welkom in 'n nuwe Era!

Welkom by eGGSA - die virtuele tak van die Genealogiese Genootskap van Suid-Afrika (GGSA). Sluit by ons aan vir 'n opwindende genealogiese ervaring!

eGGSA, wat in 2004 gestig is, is die virtuele tak van die Genealogiese Genootskap van Suid-Afrika, en verskaf 'n virtuele tuiste vir alle vlakke van genealoë - van die beginner-navorser tot die mees gesoute familiehistorikus.

19 Desember 2011 - 'n waardering van Dianne Dever:

I am the niece of a '19 year old lad' from Manchester England who found himself in a war and a country I am certain he had little knowledge of. He tragically lost his life in January 1943 and is buried in Stellawood Cemetery, Durban. His name is Bernard Vaughan Healey, born to impoverished parents who had 7 children to feed and clothe. His childhood was miserable and before he had a chance at making a better life for himself, lost that life at such a young age. He was buried thousands of miles from home and of course no family members ever visited his grave. He has been long forgotten, his parents and siblings all long dead. I never knew him, being born 15 years after he died.

But because of the fantastic work you all have done, including those who tend and care for the graves, Bernard Vaughan Healey has been cared for more in death than he ever was in his short sad life.

He is 'at peace' in a beautiful corner of the world being watched over by angels who at the least deserve heartfelt thanks and praise for the dedicated work you all do. I will always think of you all with gratitude and praise.

Yours sincerely
Dianne Dever
Manchester

1 Desember 2011 - GGSA Kieserlys projek - Letter S voltooi

Toe eGGSA aanvanklik aan Projek S (die transkripsie van die hele letter in die 1984 Suid Afrikaanse Kieserslys) begin werk sou is net verewig tik!! Julle moet weet toe die S'e eers by my tafel gearriveer het, het ek sommer my rekenaar vir 2 weke afgeskakel. eGGSA se oorspronklike plan vir die hantering van die projek was ook na die man en ons moes 'n nuwe plan bedink. Die eenvoudigste was om almal wat slegs net 'n moontlike belangstelling in 'n S van te kontak, familie en vriende was ook nie veilig nie.

Die eerste transkripsies was gedoen met die begin van die 2010 Sokker Wêreldbeker. In die eerste kwartaal van die jaar het ons vir onsself egter 'n doelwit daargestel om Projek-S te voltooi teen die einde Desember 2011. Ons het reg deur die Rugby Wêreldbeker getik en vandag het ons ons eie S-BEKER gewen!! Die transkribering van letter S is voltooi - 31 dae VOOR die afsluitings datum.

Baie dankie aan almal wat soveel ure aan die projek gespandeer het. Ons waardeer julle tyd, toewyding, geduld en vriendskap. Dit was vir my lekker om saam met julle te werk. 'n Groot dankie aan al die S-pensionarisse wat hulle dienste beskikbaar gestel het vir die transkribering van die ander vanne. Alta Griffiths

Die Ererol (trankribeerder en getal name getranskribeer):

Alet Swanepoel, 4200
Alta Griffiths, 26504
Amanda Stander, 4033
Annette Goussard, 3801
Carmen van de Riet, 3570
Carol Beneke, 10542
Celeste Rachman, 20055
Dalina van Zyl, 4242
Dan Strydom, 5271
Deirdre Eygelaar, 7519
Erna Buber-de Villiers, 715
Fay Lea, 588
Frans Rudolph, 28603
Gert Schepers, 106
Glynis Millet-Clay, 1053
Hannetjie Riekert, 76550
Heleen Nel, 11602
Hobbie Stoffberg, 4819
Jacobus Swanepoel, 7119
Jacqui Foster, 273
Judi Meyer, 5271
Karn Kruger, 1764
Kobus Snyman, 3507
Lee Marais, 273
Levien Smuts, 13399
Melanie Smit, 5271
Minnie Pretorius, 2814
Paul Bosman, 819
Paxie Kelsey, 3261
Richard Atkinson, 5271
Richard Wolfaardt, 26355
Straffen Short, 462
Swannie Swanevelder, 1197
Talita Lofty-Eaton, 1764
Tanite Smart, 1029
Tobie de Villiers, 421
Wolfaardt familie, 2625 (Richard Wolfaardt, Dalina van Zyl and Henry Wolfaardt)

graves in Graaff-Reinet

18 September 2011 - 350 000 Grafstene op die webblad!

The Die totale aantal grafsteenfoto's in ons Grafsteen fotoversameling is nou meer as 350 000. Dankie aan almal wat vrywillig hulle tyd aan die projek bestee.

Verdere donasies kan gestuur word aan Alta Griffiths by cemphoto@ggsa.info

Berlin se Begraafplaasregister ontdek:

Ek het vir etlike maande lank die Cambridge begraafplaas kantoor aanhoudelik gevra vir die begraafplaas register van die Berlin (Oos-Kaap) begraafplaas.

Die dame by die Cambridge begraafplaas kantoor, ek ken haar persoonlik en sy woon al haar lewe lank in Berlin, het my meegedeel dat iemand van die Dorpskantoor (Buffalo City) 'n koerier gestuur het om die register wat nou soek is, te haal.

Heel toevallig, ongeveer drie weke gelede, het ek dit aan 'n personeellid wat by die Cambridge kantoor werksaam is, genoem. Hy deel my toe mee dat hy seker is hy het die register by die Mdantsane kantoor, net buite Oos-Londen, gesien het en gee toe aan my die selfoonnommer van een van die toesighouers daar wie hy daar ken. Ek het met die persoon kontak gemaak en reelings getref dat die register aan die Cambridge kantoor terug besorg word.

Berlin, is ongeveer 40 kilometers van Oos-Londen op die pad na King Williamstown. Die dorp het in 1973 deel van Oos-Londen geword, voorheen die dorp sy eie Dorps Bestuursraad gehad het. Die dorp se inwoners was hoofsaaklik afstammelinge van die vroeë Duitse Setlaars (vandaar die naam).

Daar is tans baie min afstammelinge van die oorspronklike Duitse setlaars as permanente inwoners oor, maar ek is meegedeel dat van die oorspronklike inwoners wat wel daar gewoon het, na hulle heengaan, hulle as by die grafte van hulle ouers laat plaas tesame met 'n gedenksteen.

Ek het nou die register gefotografeer en genoteer. Die transkripsie kan by eGGSA se begrafnisblad besoek word.

Brian Barrett

27 Julie 2011 - Kerkregister Transkripsies bygewerk:

Grahamstad, St George - dope nou van 1823 tot by April 1901 - oorgeset deur Lynn Couperthwaite, en troue 1823 tot 1834, gedigitaliseerd deur Lynn MacLeod.

Hierdie is soekbaar by die eGGSA DTB projek.

4 Maart 2011 - Family Roots - Host: Natalie da Silva.

Radio Today's Family Roots is a programme about genealogy which is hosted weekly on Thursdays at 10h45 (GMT +2) by Natalie da Silva, Chairman of the Johannesburg Branch of the GSSA.

Radio Today broadcasts on 1485 AM in Johannesburg, on DStv audio channel 169 & streams on www.1485.org.za.

To access the podcast.

1. Go to Radio Today's website at http://www.1485.org.za
2. Enter the website
3. Select the Podcast button (Top Row -fourth from the left)
4. Scroll down (alphabetically) to required podcast :

Select Listen or Download to your PC/MAC

11 February 2011 - GGSA ontvang 'n kulturele toekennings

Die Departement van Kultuursake en Sport het hulle Wes-Kaapse Kuns-, Kultuur-, Museums-, Taal-, Erfenis-, Biblioteke - & Argief toekenningseremonie 2010 /11 op die 11de Februarie 2011 gehou. Die glans geleentheid het plaasgevind by Kronenburg, Paarl.

GGSA het 2 nominasies ontvang.

Die GGSA Weskaaptak se Uitstal span was genomineer vir die kategorie: Beste individuele / instansie wat die Argief dienste bevorder aan die publiek deur publikasies en fisiese besoeke.

En die Begraafplaasprojek was genomineer vir die kategorie: Bydraes to publieke bewusmaking en dokumentasie van ons erfenis bronne.

Beide nominasie het hulle kategorieë gewen.

Alta Griffiths en Mariana Olivier ontvang hulle trophees   Die trofee gewen deur die Begraafplaasprojek
Van links na regs: Simone Kay (GGSA WK), Dr Ivan Meyer (Minister van Kultuursake, Sport en Rekreasie), Alta Griffiths, Dr Andrew Kok (Voorsitter GGSA WK) en Mariana Olivier (GGSA WK)   Die trofee gewen deur die Begraafplaasprojek

10 Oktober 2010 - South African Commercial Advertiser uittreksels voltooi tot by 1856

Sue Mackay se mees onlangse transkripsies van die South African Commercial Advertiser, is nou ook ingesluit in haar groot versameling van getranskribeerde uittreksels van vroeë Kaapse koerante, vanuit die oorspronklikes, wat gehuisves word in die Britse Nasionale Argief te Kew.

Die uittreksels het hoofsaaklik met items van persone te doen, soos hulle geboorte, huwelike en doods kennisgewings, asook ander interesante berigte, soos die verslae van Veldkornette oor families wat die Oos-Kaap in 1837 verlaat het om na die binneland te trek.

Hierdie transkripsies is in die Koerante afdeling van die eGGSA Biblioteek beskikbaar, met 'n soek fasiliteit om deur al hierdie koerant uittreksels te soek.

Ons hartlike dank word aan Sue oorgedra vir haar ontsaglike hoeveelheid tyd en moeite wat sy in gesit het in hierdie baie waardevolle projek, en vir die beskikbaar stelling daarvan aan almal.

27 April 2010 - Familia Onderwerp Indeks Opgedateer

Thys du Preez het die onderwerp indeks van Familia, die kwartaalblad van die Genealogiese Vereniging van Suid-Afrika, opgedateer - dit sluit nou alles van 1964 to 2009 in. Die saamgestelde uitgawe van Familia (op KS = CD) of individuele vorige kopië kan by die eGGSA se e-winkel of van die GSSA se Tesourier aangekoop word. Vir inligting hoe om by die Vereniging aan te sluit gaan na die Lidmaatskap V&A afdeling.

NUUT! Die Du Toits van Suid-Afrika

Hierdie nuwe publikasie, beide in gedrukte en CD formaat, bevat die familieregister van die Suid-Afrikaanse Du Toit-familie, uitgegee deur die Genealogiese Genootskap van Suid-Afrika. Alhoewel dit een van die bekendste en grootste families in Suid-Afrika is, was daar voorheen nog geen omvattende publikasie oor die Du Toits nie.

Gedurende 1989 het Alexis Charles Fuchs begin begin met die versameling van die Du Toit voorouers van sy moeder, Hester Susanna du Toit. Die informasie wat hy versamel het was so omvangryk, dat hy besluit het om 'n volledige Du Toit genealogie saam te stel. Hierdie boek is die resultaat van sy en vele ander navorsers se harde werk.

Die gedrukte Du Toits van Suid-Afrika bestaan uit twee dele met 'n totaal van 2458 bladsye. Om plek te spaar bevat die boek geen illustrasies nie. Die boek is in hardeband met gestikte rugkant. Die inleiding en inhoudsopgawe kan by die volgende webbladsy afgelaai word: Inleiding tot Die Du Toits van Suid-Afrika

Bestellings word nou aanvaar vir die gedrukte weergawe. Die prys vir die volledige werk is R1300-00. Posgeld en verpakking is addisioneel, die bedrag hang van die ontvanger se adres af.

Vir bestellings en addisionele informasie kontak asb Hendrik Louw by die volgende e-posadres: secretary@ggsa.info

Die CD weergawe kan bestel word op die eGGSA se e-winkel teen R340-00 plus posgeld per CD

Dokumentbestellingsdiens

Ons kan bestellings vir dokument fotos uit die Argiewe by Pretoria(TAB), Bloemfontein(VAB), Pietermaritzburg(NAB) en Durban(TBD) onderneem.

Lees assebelief ons Hulpblad vir meer inligting.

GGSA bedien sy lede deur:

  • Die ontwikkeling van genealogiese vaardighede deur die verskaffing van inligting, publikasies, navorsings-onderrig en ook deur skakelingsmoontlikhede.

  • Die daarstelling van skakels met verskeie groepe wereldwyd.

  • Die verhoging van publieke bewustheid van die navorsing oor en ontdekking van familiegeskiedenis.

  • Die bemarking van ons fassinerende genealogieveld.

  • Die aanbieding van 'n aantal projekte, gerig op die uitbreiding van die aanlyn beskikbaarheid, van Suid-Afrikaanse genealogiese bronne.

Jare lank is daar reeds mense wat om verskeie redes nie by 'n GGSA- tak kon aansluit nie. Van hierdie redes sluit in dat hulle te ver van 'n tak woon of dat hulle buite Suid-Afrika woonagtig is. Tog het hierdie persone steeds die behoefte om aan 'n tak te behoort en ook in die voordele van GGSA-lidmaatskap te kan deel (voordele soos die ontvangs van GGSA se tydskrif Familia). eGGSA is gestig om aan hierdie behoeftes te voldoen.

eGGSA het 'n aanlyn-winkel waar verskeie van die GGSA se publikasies sowel as 'n aantal ander genealogiese, geskiedkundige en kultuur-historiese publikasies aangekoop kan word.

Ons webblad bied nou ook indekse van die artikels in Familia (die kwartaallikse tydskrif van die GGSA) sowel as van die artikels in genesis (die eGGSA se eie kwartaallikse tydskrif).

Een van ons opwindende nuwe aanbiedinge is die Aflaaibiblioteek wat onlangs aangekondig is. Hierdie biblioteek bevat 'n aantal gratis aflaaibare boeke (in PDF formaat), 'n groot aantal dokumente uit die SA Argiewe sowel as fotos van grafstene in verskeie SA begraafplase. Al hierdie dokumente in geindekseer en kruisverwys.

Besoek gerus on voordelebladsy om te kyk hoekom jy 'n lid van eGGSA móét word!