VERMAAS Hendrik Cornelius Wilhelmus 1851-1927 en Johanna Aderjanna COETZEE 1852-1898

10. October 2019 4 images Share: , , Album RSS
View Slideshow
Surnames mentioned: VERMAAS - COETZEE Photographed and contributed by: Eriaan Oelofse Die Vermaas Familiebybel het oorspronklik aan Kmdt. Hendrik Cornelius Wilhelmus Vermaas * 11/11/1851 †18/02/1927 en sy vrou Johanna Adriana Coetzee *23/3/1852 †12/6/1898 behoort. Dit is na hulle dood na hulle oudste seun, (ook later Kmdt) H.C.W. Vermaas * 3/6/1872 † 4/11/1928. Die bybel is tydens die Anglo-Boereoorlog deur ‘n Britse soldaat as "oorlogsbuit" teruggeneem Engeland toe. Volgens 'n brief wat voor in die Bybel geplak is, is die Bybel, volgens Spoorweg Afleweringsbrief Nr 7/30630, gedateer 14/8/1951, op 16/8/1951 in die kantoor van die Hoë Kommissaris in Londen ontvang. Die Bybel was op daardie stadium in besit van Mev Gladys Irene de la Voye van "Bow Cottage", Steep, Hampshire, Engeland (near Petersfield - Tele, Petersfield 409). Sy het die Bybel op 1 Feb 1951 aan die Hoë Kommissaris gestuur om dit weer aan die oorspronklike eienaars terug te besorg. Die Konsulaat het vir Erastus Vermaas * 14/8/1914 † 2/1/1990 (my oupa en kleinseun van HCW en JA Vermaas) opgespoor en die Bybel aan hom terugbesorg.
01
01
02
02
03
03
04
04