Skip to main content

Familie NEL van Suid Afrika - deel 2

Willem Nel se 2 plase - nr. 84 (1690) en nr. 19 (1711)

NEL Stamvader Guillaume NEL (of Neel),

Die stamvader van die Nel-familie in Suid Afrika is Guillaume (of Willem) Nel (of Neel), geb. c. 1663 x 03.05.1685, Amsterdam met Jeanne DE LA BATTE, geb.1669, van Saumur in Anjou, Frankryk, d.v. Jacques de la Bat en Susanna Laurant.

Guillaume Nel (Neél) was in 1663 in Rouen, Frankryk gebore en die volgende jaar gedoop.  Hy het as 'n jong volwassene uit die godsdienstige vervolging in Frankryk gevlug. In Amsterdam he lived in the "Bethaniensteeg". He met Jeanne de la Batte who had also left France and they married in Amsterdam 3 May 1685. 

Guillaume Neel van Rouen, Frankryk, wat in 1688 saam met sy vrou Jeanne de la Batte van Samur op die skip De Schelde aangekom het, ontvang finansiële bystand van die Bataafse Fonds vir homself, sy vrou en 2 kinders. Guillaume Nel was ‘n kleremaker, wat nie te sleg gedoen het nie. Hulle het kort voor die winter in die Kaap aangekom op 6 Mei 1689 en het van Goewerneur Simon van der Stel f360 ontvang uit die geld wat bewillig was vir die Franse vlugtelinge.

Grond in Groot- en Klein Drakenstein is aan die Franse families toegestaan, maar nie almal was tevrede nie, aangesien die grond op sekere plekke baie arm was. Guillaume was een van die ontevredenes en het begin om met Visscher vir sy plaas te onderhandel.

Gerrit Jansz Visscher was die eerste eienaar van die plaas Blaauwklippen tussen Stellenbosch en Somerset Wes. Simon van der Stel het eers die grond in belofte toegestaan en later jare is dit amptelik toegestaan. 

Gerrit Jansz Visscher het vanaf 1682 op die plaas Blaauwklip, Distrik Stellenbosch, Wyk Moddergat gewoon en die plaas is op 09.09.1690 amptelik aan hom toegestaan. Hy het egter gesukkel om ‘n lewe te maak en het besluit om die plaas te verkoop. Aangesien die toekenning nog nie amptelik aan hom gemaak was nie, het Landdros Mulder die landmeting van die plaas gedoen.

Mulder het 'n opname gemaak op die plaas, wat bestaan het uit drie gedeeltes grond (een reghoekig en twee trapesiumagtig), noord van die Dwarsrivier en twee gedeeltes (een reghoekig en een trapesiumagtig) suid van die Dwarsrivier. Drie dele van die grond, wat vermoedelik vir weiding gebruik is, is oorspronklik uitgesluit, hoewel 'n gebou in die noord-westelike gedeelte opgerig is. Bome het langs die rivier gefloreer wat nodig was vir boudoeleindes, sowel as brandhout.

Die oorspronklike toekenning van 9 November 1690, wat vyf gedeeltes grond aan weerskante van die Dwarsrivier beslaan. Landdros Johannes Mulder was ook ‘n landmeter en het baie van die vroeë geboue aangeteken. Op hierdie toekenning, geskryf deur sekretaris J.G. de Grevenbroek is Simon van der Stel se handtekening en ook die datum 9 November 1690.

Die grond het altesaam 50 morg en 437 vierkante roeden gemeet. Die buurplase was Valley Lustre, Rustenburg (SE) en Flearbaix (NW).

In die oorspronklike diagram van 1690 word 'n lang, skuuragtige gebou met drie vensters en 'n geboë dubbele onder die gewel uitgebeeld. Aan die ander kant van die huis is 'n skoorsteen wat oordryf is, aangesien dit die gebruik was om lang skoorstene te bou sodat die vonke van die vuur nie so maklik by die grasdakke kon uitkom nie. Die kombuis sou hier wees.  Die dak was waarskynlik met strooi, rog, of gars bedek. Die mure was laag, waarskynlik in modderlae of in rou baksteen gebou en met modder gepleister en gewitwas. Die koetsdeur (coach door) dui aan waar die ossewa gehou is en die graan geberg is. Die eerste prioriteit van boere was graanverbouing, waarvan 'n tiende gratis by die Kompanmjie se pakhuise in Kaapstad afgelewer is. Daar was dus voorkeur aan skure gegee, wat ook as tydelike huise gedien het.

Guillaume het f800 vir die huis en die erf betaal en op 09.11.1690, is dit per Transportakte 284 aan hom oorgedra.

Die NELS het vanaf 1690 tot 1722 op die plaas Blaauwklippen gewoon. Die gronde het braak gelê wat daarop dui dat Visscher nie meer van plan was om verder daarop te boer nie. Guillaume het onmiddelik begin om die wingerde te vergroot wat in Desember 1692 ongeveer 3000 in totaal was. Dit was moeilike tye en met slegs vier osse het hy slegs een mud koring, waaruit hy sestien gekry het en rog gesaai, wat ‘n totale mislukking was. Hy het ‘n geweer besit maar nie ‘n swaard nie. Sy vordering was stadig maar standvastig.

Dit sou Willem gewees het wat die naam De Blaauwe Klippen vroeg in 1700 aan die plaas gegee het.  Die plaas het sy naam te danke aan die graniet rotse in die gebied, wat vroeg in die oggend, na swaar reën in die nag, ‘n blou skynsel het.

Die Nel egpaar was intieme vriende van Adam Tas en sy vrou, Elisabeth van Brakel. Adam Tas het dikwels na hom verwys in sy dagboeke. Adam Tas het vir Nel gehuur om hom by te staan met sy plaas.  Hulle was goeie huisvriende en het mekaar graag besoek. 

In Junie 1705 het Adam Tas en sy familie vanaf Libertas, oor die Eersterivier gestap om by die Nels te gaan kuier. Die Nels met hulle agt kinders het baie tevrede in hulle huisie gewoon. Na ‘n paar rustige ure van wyn en tee drink, gesels, pyp rook en kaart speel,  het hulle huistoe gestap. ‘n Paar weke later het Willem teen skemeraand by Tas gaan kuier. “Jannetjie” het daarvan gehou om vir Elisabeth Tas ‘n karmenaadjie van “kalfs-vleesch” te bring. Nel het ook ander besoekers onthaal soos Jan Roggeveen en Juriaan van der Maas krankenbesoekers van die terugkerende seemag.  Dit het hom in ‘n goeie bui geplaas.

Op 10 Julie 1705 het Nel Adam Tas se kneg Jacob, sy ses slawe en twee vry Khoi (Hottentotte) gelei op ‘n visekspedisie na Valsbaai. Hulle het ‘n wa gevat om die visnet mee te vervoer en om die vis mee terug te bring. Dit kan die bekende predikant François Valentijn gewees het wat onder meer in 1705 aan die Kaap was en aan wie Nel in opdrag van Tas bone kon gelewer het. Valentijn het later Oud en Nieuw Oost Indien geskryf wat in 1726 in Amsterdam verskyn het. Met nege kinders en 'n tiende kind in verwagting (gebore Julie 1706) moes hulle hard werk vir hulle daaglikse brood. Adam Tas het ’n lywige klagskrif teen Willem Adriaan van der Stel opgestel wat met die volgende retoervloot versend sou word. Die meeste klagtes het verband gehou met die onwettige grondbesit van amptenare, maar ook hul pligsversuim en oneerlike gedrag. Met voorbeelde is aangetoon dat die amptenare, veral Willem Adriaan van der Stel, die burgers onbeskof behandel en die Kompanjie benadeel met oneerlikheid en wangedrag. Tas was so gekant teen die amptenare van die Kompanjie, dat hy nie van sy produkte aan hulle wou afstaan nie.  Daar word vertel dat Guilliaume Nel op ‘n keer met Tas gepleit het, oor ‘n halwe faam wyn, wat Tas van die manne geweier het. Vooraanstaande boere van die Kaap, Stellenbosch, Franschhoek en Drakenstein het die klagskrif onderteken.

Tydens sy verblyf op Blaauwklippen was Nel een van die burgers wat saam met Adam Tas die klagskrif onderteken het. Guillaume het dit as Willem Nel onderteken. Toe die retoervloot op 4 Februarie 1706 in Tafelbaai anker, was daar 63 name onderaan. Byna die helfte van die ondertekenaars was Hugenote.

Toe Elizabeth Tas ver swanger was, het Jannetjie haar bygestaan vanaf laat November 1705 en het sy tot ‘n dag of twee voor die geboorte van Sara in vroeg Desember op Libertas gebly.

Gedurende die warm somermaande van Januarie 1706 het Nel vir die arbeiders van Tas gehelp om die mielies in sy skuur op Libertas te kry. Hy het ook vir hom gehelp om sy produkte in die Kaap of by ander persone te kry en na Tas se ramme op Blaauwklippen om te sien.

Nel het ‘n lae profiel gehandhaaf gedurende die weerstandsbeweging van die Stellenbosche en Drakensteinse boere. Hy het geen verklaring van enige van die twee partye geteken nie. In November 1707 het hy saam met Tas, Grevenbroek en Van der Heiden ‘n versoek aan die Politieke Raad gerig dat die predikant E.F. le Boucq ook dienste in Stellenboch en nie net in Drakenstein kon hou.

Vanaf die vroeë 1700 het die graanproduksie in al die behoeftes van die Kaap voorsien. Aanplantings het stadigaan afgeneem, maar vir Willem was die jaar 1709 'n baie welvarende een, sy koring het 60 keer in opbrens vermeerder. Hy het ook 6 perde, 30 beeste en 200 skape besit. Sy 6000 wingerde het een lêer wyn geproduseer, wat 'n aanduiding is dat daar kelderaktiwiteite, waarskynlik in die skuur, was. Sy twee seuns, Jan en Esaia, was ook nou oud genoeg om wapens in die militia te dra. 

Die plaas Bootmans Drift, Drakenstein langs die bergrivier naby Riebeeck-kasteel is in 1711 aan Willem toegeken.

Die NEL familie kan tans met bewyse bevestig word vanaf die jaar 1567. Hier is ‘n kort opsomming tot by Stamvader Guillaume Neél of soos later bekend as Willem Nel

  • Pierre Néel I gebore (*) 2 Mar 1567 in Rouen, Upper Normandy, (France) Frankryk gedoop (≈) 2 MAR 1567.
  • Pierre Néel II * ongeveer 1610 in Greuville en Caux sterf (†) 1660 Greuville, Haute-Normandie, France getroud 1633 in Normandy, France met (x) Anne de Maugère.
  • Pierre Néel III * na 1634 in Greuville, Normandie, France † voor 1681 Greuville en Caux x Rouen, Normandie, France 18 Apr 1660 Judith (Gouyé) Néel
  • Suid-Afrika se NEL STAMVADER Guillaume "Willem Nel" Néel (ander spelling wat voorkom: Niél, Nell, Nijel) * voor 25 Dec 1663 in Rouen, Normandie, France † Stellenbosch, de Caep de Goede Hoop 17 Jun 1738 x Amsterdam, Noord-Holland, Nederland 3 May 1685  Jeanne de la Batte.

In 1720 is Nel se naam op die kaart aangebring om aan te dui waar sy plaas was. (Sien deel 1 van 27Jan 2023)

Naby die Eersterivier is die geboue van Conterman (Groote Zalze), dan 'n enkele gebou van Willem Nel (Blaauwklippen), suidwaarts ten minste vier geboue van Van Brakel (Brakelsdal'annandale) en in die rigting van die Dwarsrivier, Jan Nel (Willem se seun), met die ses geboue van Rustenburg. 

Op 13.01.1722 verkoop Willem die plaas aan sy oudste dogter en haar man Barend Pieterze van Wesel vir f1000 gulden. Pietersz onderneem om oor die volgende ses jaar jaarlikse betalings van f150, 1723 - 1728 te betaal. Guillaume is op 17.06.1735 op die plaas Bootmans Drift, Drakenstein oorlede.

Guilaume Neel se doop rekord

Guillaume en Jeanne de la Batte se huweliks rekord

  • Hits: 5