Skip to main content

My Genealogiese Kronkelpad - deel 20

Navorsing in die Meesterskantore het al moeiliker geword. Dienslewering het feitlik tot stilstand gekom en om ‘n kopie van ‘n sterfkennis te bekom het ‘n reusetaak geword. Boonop het Covid-19 se spook dreigend voor die deur gestaan. Dit is in hierdie tyd dat ek beskuit het om my voet van die versneller af te haal en rustig die res van die pad te voltooi. Wat nog na my kant toe sou kom, sou ek met dankbaarheid aanvaar en verwerk, maar die gejaag was verby.

Maar wat van al die werk wat ek oor ‘n tydperk van bykans 40 jaar gedoen het? Ek kon dit nie net laat lê en stof vergaar nie. Die uiteinde hiervan was dat ek besluit het om die resultaat van my navorsing te boek te stel. Dit sou ‘n gerieflike beginpunt vir toekomstige genealoë bied. So is die boek ‘My van is Van Aardt’ gebore.

  • Hits: 7